![f0078-01](https://article-imgs.scribdassets.com/s8utaw03kahaf9y/images/file7YOFQEX6.jpg)
![f0078-02](https://article-imgs.scribdassets.com/s8utaw03kahaf9y/images/file8OJ3H9J8.jpg)
DIS MOEILIK OM IEMAND VAN MY GENERASIE TE VIND WAT NIE ’N MENING OOR BONO HET NIE
SONDAE saam met Bono is nie vir sissies nie. Hy onthaal in sy kunsgevulde woning in Dalkey in die suide van Dublin.
Toe ek laas daar ingeloer het, nog voor die pandemie, was dit vir ’n middagete vir agt mense om sy lang etenstafel (wat maklik ’n VN-afvaardi-ging kan akkommodeer) met ’n uitsig op sy beboste tuin en die grysgroen see van Ierland se Killiney Bay. Ons het heeldag lank gesels en eindelik in die plaaslike kroeg, Finnegan’s, geëindig.
Daar het ons ’n berg met sout-en-asyntjips gebou: 30 leë pakkies, sorgvuldig deur Bono en my man tussen biere deur uitgetel. Ons verveelde kinders moes op ’n kol gered en by die hotel afgelaai word deur die altyd verantwoordelike U2-kitaarspeler Edge en sy vrou. (“Wie was daardie gawe man met die mussie?” het ons kinders die volgende oggend gevra.)
Ons, die uitvaagsels, het tot toemaaktyd gekuier en die wêreld se probleme uitgepraat tot ons in ons beskonkenheid gedink het ons het dit alles opgelos.
Twee jaar later is ek terug om die eersdaagse uitreiking van Bono se literêre debuut, sy boek, Surrender: 40 Songs, One Story, te vier. Hy kan normaalweg sonder veel moeite in sy buurt rondbeweeg, maar hierdie keer word ons stappie heuwelaf na Finnegan’s onderbreek deur ’n aanhanger wat ’n selfie vra. Bono, geklee in swart jeans en sy kenmerkende roosgetinte bril, is moeiteloos sjarmant. Hy glimlag vir die kamera sonder enige aanduiding dat dit waarskynlik die miljoenste keer is dat hy daarvoor gevra word.
In die knusheid van die kroeg is hy weg van die