![f0074-01](https://article-imgs.scribdassets.com/9i2tlid3pcaj0eku/images/fileGQB4TZXT.jpg)
![f0074-02](https://article-imgs.scribdassets.com/9i2tlid3pcaj0eku/images/fileXJ5P521I.jpg)
Die nuwe Qashqai is die derde generasie van Nissan se klein-tot mediumgrootte sportnutsvoertuig (SNV), wat aanvanklik die lewenslig aanskou het om die aanvraag vir ‘n gesinsvoertuig met ‘n avontuurlustige sy te bevredig. Danksy kenmerke soos veelsydigheid, oorgenoeg spasie en skaflike grondvryhoogte was dit dan ook heel gewild onder kopers. Die nuweling bou hierop voort en is gemik op gesinsmense wat soms die daaglikse geswoeg vir iets meer opwindend wil verruil.
Sag op die oog
Volgens Nissan se bemarkingsmateriaal is die nuwe model herontwerp, dog onmiskenbaar