Weg! Platteland

De Rust Die naam sê alles!

De Rust lê tussen die Swartberg (op die foto) en die Kamanassieberg in die suide. Die ingang na Meiringspoort is tussen die twee voetheuwels net agter die dorp (die pad wat sigbaar is, is die R341 na Willowmore). Dié foto is van De Rust-koppie af geneem en wys die deel van die dorp wat jy nie sien as jy net deurry nie. Kyk ook na die foto op die volgende blad regs.

Al is De Rust 11 jaar gelede aangewys as die kykNET-joernaalprogram Kwêla se dorp van die jaar, is dit, verskoon my taal, donners jammer dat die plek vir die meeste Suid-Afrikaners wat hier deurskiet, steeds net ’n deurrydorp bly. ’n Skaflike lot het sedert die TV-lourierkrans in 2011 ontdek dit is ’n lekker benerek-, brandstof-, koffie-of eetplek op pad êrens anders heen, en veel minder besluit om te oornag – terwyl hulle gewoonlik óók op pad is êrens anders heen.

Dit is kompleet asof die dorp gemaak is vir hierdie doel: Schoemanstraat, die hoofstraat van net meer as ’n kilometer lank, is immers ook die N12, en lyk en voel soos ’n derm wat ontwerp is om dinge so flink as moontlik weg te voer. Boonop lê byna al die besighede langs dié breede weg wat omsoom is van bome en ’n sjarmante Karoopoespas van winkeltjies, eetplekke, oornagplekke en ’n klompie private wonings. Gans te min motoriste draai af in die systrate, waar die grootste deel van die dorp – en nog ’n klomp lieflike Victoriaanse en Karoostyl huise – “verskuil” lê. Tog, as jy die inwoners pols oor die dermteorie, plus die ongepoetste lorriebestuurders wat partykeer die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related