Weg! Ry & Sleep

Nooiensvaart Boegoeberg toe

Nadat hy jare lank gesleep het, het Theunis onlangs vir hulle ’n spoggerige abbawa op ’n Land Cruiser-bakkie aangeskaf. Maar voordat hulle gunstelingbestemmings soos die Richtersveld kon aandurf, was dit tyd vir ’n nooiensvaart om te kyk of alles werk en op sy plek is. Daarvoor is daar nie ’n beter plek as Boegoeberg nie, vertel Theunis.

Dis 08:00 op ’n Vrydagoggend en ek kyk gou vir oulaas of daar enige dringende e-posse is wat my onmiddellike aandag verg. Skielik lyk nie een van hulle só dringend dat dit nou ’n antwoord regverdig nie. Ek delegeer hier en daar een terug hoofkantoor toe, want daar is ’n baie belangriker taak wat nou wag: Dis tyd om die pad te vat na Boegoeberg se kampterrein met sy welige akkerbome en lieflike groot dam waar ’n mens heerlik kan afkoel as die Sandveld se son die kwik verby 30 ºC druk.

Ons moet egter eers gou ’n draai maak by Outdoor Warehouse in Bellville. Ek pak al heelweek ons nuwe kampwa, maar het eers Donderdagaand besef die 20 ℓ-kassettoilet pas nie onder die bed nie. Nee, daardie opening is gemaak vir ’n 10 ℓ-model en niks anders sal daar pas nie.

’n bietjie oor die konsep van ’n kampwa. ’n Mens wil mos jou kampervaring so gerieflik as moontlik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related