Huisgenoot

CAMILLA KONINGIN-GEMALIN

SY IS die liefde van die koning se lewe – die vrou wat die skuld kry vir die ineenstorting van Charles en Diana se huwelik en die eertydse verworpene wat die Britte verpes het en van wie die koningin nie gehou het nie.

Elizabeth het al gesê sy kon dit nie verdra om in dieselfde kamer te wees as “daardie vrou” nie en het afsprake vermy waar Camilla teenwoordig sou wees. Maar dinge het verander. Camilla het met haar onopgesmukte, stil en hardwerkende aanslag tog ’n plekkie gevind in baie Britse harte en haar ook by die oorlede koningin gelief gemaak.

Sy word in Mei 2023 die koningingemalin wanneer Charles tot koning gekroon word en die koninklike familie hul volgende hoofstuk betree.

TERUG NA DIE BEGIN

Camilla het haar kinderjare as “volmaak” beskryf.

Sy is die oudste kind van majoor Bruce Shand, ’n Britse leëroffisier wat ’n suksesvolle wynhandelaar geword het, en Rosalind Maud Shand, ’n glansryke tuisteskepper.

Haar verjaardag – 17 Julie 1947 – maak haar byna presies 16 maande ouer as Charles.

Sy het grootgeword op The Laines, ’n seweslaapkamer-landgoed in die welgestelde dorp Lewes in Oos-Sussex, Engeland, saam met haar jonger medespruite, Sonia, Annabel en Mark.

Camilla se lewe was soos ’n Enid Blyton-storie wat werklikheid geword het. Sy was gek oor lees, teken en om buite met die gesin se honde te speel. Somers is by ’n poniekamp deurgebring

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Koos aan sy vrou: “Hoe dink jy wat sou van ’n brief word as ek dit aan ‘Die domste man in Suid-Afrika’ adresseer?” Sy vrou: “O, dit sal net eenvoudig na die sender teruggestuur word!” SAN MARCHAND San: “Mammie, die kind sukkel om te praat en hy is al
Huisgenoot4 min read
Wanneer Die shein Verdof
DIS klaar moeilik om ’n goeie winskopie van die hand te wys – maar as dié kopie hom op jou foon voordoen en jy nie eens jou pajamas hoef uit te trek nie, raak dit haas onmoontlik. Dink daaraan as Black Friday elke dag van die jaar: ’n knoopjas teen ’
Huisgenoot2 min read
Dís Cool
Dis al 14 jaar terug wat die eerste Despicable Me uitgereik is. Dit word vandag nog gesien as een van die beste animasiereekse ooit. Natuurlik het die minions ’n massiewe rol in die sukses van dié fliekreeks gespeel – hulle het selfs deesdae hulle ei

Related