Huisgenoot

KATE PRINSES VAN WALLIS

DIE woord ontluik kon vir haar geskep gewees het. Deur die jare het die prinses van Wallis van ’n sorgelose student gevorder tot ’n skaam pasgetroude tot uiteindelik ’n selfversekerde toekomstige koningin wie se glans en statigheid, werketiek en gesonde verstand wyd bewonder word.

Sy is die diamant in die toekoms van die koningshuis – en prinses Diana kon self nie vir ’n beter maat vir haar geliefde oudste seun gewens het nie.

WAAR DIT ALLES BEGIN HET

Kate is op 9 Januarie 1982 gebore as Catherine Elizabeth Middleton, die oudste van Carole en Michael Middleton se drie kinders.

Die Middletons se wortels strek terug na ’n familie van steenkool-mynwerkers in die noorde van Engeland, en Carol en Mike het ook nog altyd hard gewerk. Voor hulle hul suksesvolle aanlyn partytjie-tytjie-onderneming, PartyPieces, begin het, was sy ’n lugwaardinenhy’n ver-sender by British Airways.

Kate, Pippa en James Middle ton het grootgeword op die bekoorlike dorpie Bucklebury, waar hulle in ’n groot rooibaksteenhuis met die naam Oak Acre gewoon het.

Kate het haar laerskooljare deurgebring by St. Andrew’s-skool in Pangbourne, Berkshire, en het haar tyd daar al as van haar “gelukkigste jare” beskryf. Sy was sportief en het erekleure verwerf in hokkie, swem en atletiek.

“Sy was regtig ’n lieflike, warm meisie wat nie ’n slegte haar op haar kop gehad het nie,” onthou een van Kate se klasmaats.

Daarna issynadie privaat hoërskool Marlborough College, waarsyakademies en opdie sportveld uitgeblinkhet. In 2000 hetsyhaarma-triekbehaal.

Prinses Diana kon nie vir ’n beter maat vir haar geliefde seun gewens het nie

ONTMOETING MET DIE PRINS

Dis ’n moderne sprokie: twee aantreklike jong mense wat by een van Brittanje se oudste universiteite ontmoet; hy wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related