Huisgenoot

IN DIANA SE SPORE

DIE beskrywings klink so bekend: ’n prinses vir die mense; ’n omgeemens wat haar kinders liefhet en goedhartig teenoor oud en jonk optree; ’n koninklike met een voet in die tradisie en die ander in die moderne wêreld.

’n Mens sal verskoon word as jy dink dis ’n nostalgiese terugblik op wyle prinses Diana. Maar nee, al dié mooi dinge word ál meer gereeld gesê oor die eerste vrou sedert Diana wat die titel “prinses van Wallis” dra: haar skoondogter Kate.

Terwyl almal se aandag die laaste ruk aan die oorkant van die oseaan is waar Harry en Meghan die een bom ná die ander afvuur, het Kate stil-stil in Brittanje haar rol uitgebrei deur meer en meer openbare verskynings te doen – en sodoende ál dieper in haar mense se harte geklim. Daar word selfs deesdae van haar gepraat as “die Huis van Windsor se geheime wapen”.

Met haar kuiltjie-glimlag en gemaklike elegansie is sy ’n staatmaker wat altyd haar werk sonder drama gedoen kry. Sy verteenwoordig ’n bietjie waardige stabiliteit waarna die Britte in hul skandaalgeteisterde koningshuis smag.

Dit is maklik om haar te vergelyk met die skoonma wat sy nooit ontmoet het nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related