Idees

JOU HUIS, JOU HAWE

Jou huis moet goed wees vir jou. Jou stukkie terapie wees saans en oor naweke, ’n plek waar jy ná ’n lang dag kan ontspan en afskakel … waar jy rus kry nie net vir jou lyf nie, maar ook vir jou hart, kop, siel en gemoed. Dit moet ’n plek wees waar jy net jouself kan wees. In sy eerste resepteboek, JAN: My Franse kosverhaal (2016), skryf Jan Hendrik van der Westhuizen die volgende:

‘’n Huis is waar ’n warm, hartlike atmosfeer geskep moet word, waarbinne die mense die stof van die alledaagse lewe kan afskud alvorens hulle aansit vir goeie geselskap en smullekker kos, waar die reuk van varsgebakte brood die geur van die liefde en die lewe uitbeeld.’

Beter kan mens dit nie bewoord nie. Woorde soos gasvryheid, tafels, stories, warmte, familie, stilte, kombuis, eenvoud, hunkering na jou wortels, vreugde, imperfeksie en standvastigheid kom by jou op. Ampers ook iets van romanse, ’n plek vir vieringe en bymekaarkom.

Tog is ’n huis soms ook die oorsprong van onaangename situasies of krapperige verhoudings, soos veral gedurende die grendeltyd geblyk het.

’n Ongeorganiseerde, deurmekaar of oorvol huis kan baie stres en ongemak veroorsaak. Dit skep ’n verwarrende omgewing wat jou hulpeloos kan laat voel, skryf Devi Titus en Marilyn Weiher in hulle 2007-boek, The Home Experience.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu
Idees1 min read
Sag In Linne
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 1 dag ♥ patroon op bladsy 94 ♥ 2,5 m linnemateriaal ♥ 1,5 m teenstellende skuinsband van 25 mm ♥ aanstryktussenvoering vir die kraag en belegsels ♥ bypassende masjiengare ♥ 1 knoop 1 Teken die patroon op bladsy 94 op

Related