Die Tuinier Tydskrif

Koel plante vir skadu

Skaduplekke word dikwels onregverdig “moeilike” plekke om in tuin te maak genoem vanweë toestande met min lig, die mededinging van wortels van bome en groot struike, en swak dreinerende, voedingstofarm grond.

Nuttige wenke om volskadu te beheer:

Volskadu word geklassifiseer as ʼn plek met glad geen direkte sonlig gedurende die dag nie.

1. Doen gereeld boomchirurgie deur lae oorhoofse takke te verwyder om die boomkrone tot ʼn meer plant-en mensvriendelike vlak te lig. Dit sal meer lig laat2. Die bevering van bladwisselende en immergroen bome deur ʼn paar oorkruis takke te verwyder om meer lig in te laat, kan beter groeitoestande vir plante onderom hulle skep. Dit kan ook kosbare ou bome vernuwe, maar is dalk die werk vir ʼn boomspesialis.3. Dis koel en mistiek in die skadu van volwasse bome. Voor jy dus diep in hul midde ʼn stryd voer om onder hulle te plant, oorweeg eerder kronkelende natuurlike paadjies met trapklippe en ʼn organiese deklaag van growwe basstukkies of afgevalde blare wat sowel die bladwisselende as immergroen bome gratis verskaf. Voeg ander elemente soos ʼn tuinbank by om die koelte te geniet.4. Gebruik die hoofstamme van bome as ankerstruktuur vir die wonderlike plante wat as epifiete bekend staan wat op ʼn boom se bas groei sonder om die boom te beskadig. Twee van hulle om te gebruik, is die voëlnesvaring en die gewone takbokvaring ().5. Nog ʼn manier om diep skadu ligter te maak, is om die stamme en bas met goed geplaaste tuinligte te verlig wat jou oerwoud snags in ʼn feetjieland sal verander.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif1 min read
Plantgalery
BRONNE Landskapontwerper: Franchesca Watson – www.franchescawatson.com Kwekery: Renu-Karoo Kwekery – renukaroo@gmail.com ■
Die Tuinier Tydskrif2 min read
Wat Om Te Doen Julie
Plant ‘Tom Thumb’,’n bosagtige tuinertjie van Raw Seeds, in potte of klein plekkies in die tuin. Plante groei 30 cm hoog en 10 cm wyd, so spasieer hulle 10 cm uitmekaar. Die peule is op hul lekkerste as hulle binne 50 dae na ontkieming jonk gepluk wo
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Hangende Tuine
Hangmandjies kan lewe in patio’s, balkonne en tuine blaas. Dit omskep die alledaagse in welige en kleurryke hangende fokuspunte. Leer meer oor hierdie tipe tuinmaak met blomme en loof wat oor die mandjie se rand hang om jou eie kunstige meesterstukke