Landbouweekblad

BOU DIE REGTE GRONDSLAG VIR ONSEKER TYE

KORTOM

■ Dr. PG Strauss, ’n landbou-ekonoom wat verlede jaar aangestel is as die VKB-groep se besturende direkteur, het wye ondervinding in die landbouwaardeketting — van finansiering tot kleinhandel en later as onafhanklike konsultant.

■ Sy klem by VKB is sterk daarop om die groep se potensiaal te ontsluit. Dit sluit nie net die onderskeie ondernemings in nie, maar ook die potensiaal van die personeel.

■ Hy is opgewonde oor die geleenthede wat die samesmelting tussen VKB en GWK bied, maar waarsku teen onrealistiese verwagtinge.

Wat stel deesdae die meeste eise aan ’n landboumaatskappy soos VKB?

Onvoorsiene gebeure, soos die covid-19-pandemie of die uitbreek van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. Daardie tipe gebeure gaan net meer word. Dit bly onvoorspelbaar. ’n Mens moet onsekerheid in jou strategie in ag neem en dit op bedryfsvlak kan bestuur. Dit is ’n reusetaak, maar in die landbou is ons gelukkig gewoond daaraan. Ons werk immers met klimaatsonsekerheid, siektes en globalisering wat ons blootstel aan die risiko’s van die wêreldekonomie.

Die tweede risiko-element is gebrekkige dienslewering. Paaie is in ’n swak toestand, daar is kragonderbrekings, ontoereikende

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
Pannar Dra Sterk By Tot Opbrengssukses
Dirk de Beer, wat dekades gelede sy eie boerderye tussen Bloemhof en Hoopstad op die been gebring het, sê Pannar Saad se uitstekende mieliebasters pas goed in by hul rotasiestelsel en is ’n integrale deel van hul besluitnemingsproses. Die Dirlyn-boer
Landbouweekblad1 min read
Sybokhaarboer Van Oos-Kaap Loop Wêreldrekordprys Met Haarbreedte Mis
Op die laaste veiling van die huidige somerseisoen, gehou op 4 Junie in Gqeberha, het FEC Farming van Willowmore ’n nuwe somerseisoen-rekordprys van R1 046/kg behaal vir ’n baal BSFFK-superstylkleinbokkiehaar van 23 mikron. Dit was net R6/kg te min o

Related