Weg! Ry & Sleep

Spasie vir die nasie!

STEALTH

Stealth Caravans het sy reeks van sewe modelle met ’n verdere drie uitgebrei, en twee van hulle is nou die vervaardiger se kleinste modelle.

Die Cub is lig genoeg vir bestuurders met ’n gewone rybewys, en twee variante is beskikbaar: Die Cub Lite (BVM 600 kg, met ’n opsie om dit tot 750 kg te verhoog) en die Cub X-Country (BVM 750 kg, met ’n opsie om dit tot 1 100 kg te verhoog). Onthou, vir enige sleepwagewig bo 750 kg het jy ’n sleeprybewys (kode EB) nodig. Albei modelle is vir paartjies bedoel, maar die Lite is vir teerpad en die X-Country vir grondpad.

Albei se romp en binneuitleg is dieselfde. Die deur is in die linkerpaneel by die stert, en dit is ook diékant van die dak wat lig vir genoeg hoogte langs die bed.

In so ’n klein wa verwag ’n mens nie aparte sitplek nie, maar Stealth het die skynbaar onmoontlike reggekry. Die bed se voetenent lig tot teen die dak, wat jou dan toegang gee tot ’n bankie links en regs teen elke paneel. Dit is slim gebruik van ruimte – boonop sonder om die beddegoed om te krap.

Jy het selfs die opsie om ’n tweede dubbelbed te vra. Hiervoor word die opwipdak met ’n spesiale dak vervang wat jy as ’n daktent kan beskryf met ’n soliede kant bo-op die Cub. Soos in ’n daktent klim jy dan met ’n leer tot in jou bed, met die bestaande bed onder jou.

Die Lite kry 13”-wiele en die X-Country 14”-wiele. Laasgenoemde kry ook modderflappe en ’n wasbak. Die kragstelsel verskil ook: Die Lite het ’n 220 V-kragstelsel en die X-Country 12/220 V, wat sy 8 A-laaier en 50 Ah-battery insluit. Albei het ’n 50 ℓ-watertenk.

Stealth se boswoonwa, die Overlander 634, kry nou ’n variant: die Overlander 574, wat ook bekend staan as die Overlander Bunk.

Die Bunk is 1 361 mm korter as die 634. In die Bunk val die neuskas weg, en die ys-vrieskas wat daarin pas, gaan nou in ’n kas voor in die romp. Die los gasstoof woord deel van die Bunk se ys-vrieskas-glyrak.

Die Bunk kry twee stapelbeddens teenaan die regterpaneel by.

Pryse Cub Lite R215 000; Cub X-Country R275 000; Overlander Bunk R575 000

Kontak stealthcaravans.co.za

OKTO

Okto, wat ’n verskeidenheid pad- en grondpadwaens maak, het nou sy aanbod uitgebrei met sy kleinste model. Dit is ook die eerste van sy waens wat gemik is op slepers met ’n gewone rybewys. Dié klas wa het ’n brutovoertuigmassa van 750 kg, maar sonder remme moet die sleepvoertuig ’n tarragewig van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die