Omdat die Tonga ’n klein wa is wat vir ’n paartjie bedoel is, dink ’n mens maklik dit is ’n tipiese traanvorm wa. Allesbehalwe. Teardrops het gewoonlik aan weerskante ’n deure waar jy inklim, met die kombuis aan die agterkant. Maar die Tonga het net een deur – agter – en die kombuis is gedeeltelik voor en aan die linkerkant plus ’n losstaande eenheid.
Ons het die eerste Tonga-model in 2019 onder hande gehad – en toe al het hy ons beïndruk. Die nuwe weergawe is heelwat verfyn en verbeter, hoewel ’n mens steeds die lyne herken.
Jy kan kies tussen ’n geremde en ongeremde Tonga. Vir ons woonwatoets het ons ’n ongeremde wa tot in die kampplek gesleep.
Tent van bo
Omdat die toetsmodel nie met remme toegerus is nie, kom ’n tjok