Weg!

Doer ver in die suide

REISJOERNAAL

Wanneer die vliegtuig begin daal, trek die wolke onder oop. Sneeu lê op bergpieke, woude woel in klowe af en water blink oral. Hierdie is die Tierra del Fuegoeilandgroep in Argentinië aan die suidelike punt van Suid-Amerika. ’n Nuwe wêreld.

Ek en Guts Swanepoel kyk na mekaar. Dit voel nog onwerklik om op pad te wees na Antarktika. Hy dra nog ’n kortbroek en vellies. Eergister het hy in Kasane, Botswana, wakker geword, en ek in Kaapstad. Ons het mekaar in Johannesburg ontmoet, en daarvandaan gevlieg na Doha in die Midde-Ooste, toe na São Paolo in Brasilië, en daarvandaan na Buenos Aires, die hoofstad van Argentinië.

Gisteraand het ons daar oornag, vlugvoos (maar nie só moeg dat ons nie eers die beroemde steak op die proef gestel het nie!), en vanoggend die laaste vlug gehaal na Ushuaia, die stad waar die seereis van byna drie weke begin.

Die vliegtuig daal nog laer en begin sy draai kry na die aanloopbaan. Nou is die pieke bó ons, en die water skielik baie naby.

Dié watermassa is ’n seeweg genaamd die Beaglekanaal (genoem na die HMS Beagle, die skip waarop Charles Darwin in 1833 hierdeur gereis het). Oor twee dae gaan ons hierlangs uitvaar na die oopsee op pad na die eerste bestemming, die Falkland-eilande.

Die vliegtuig land met ’n ferm knikkie. Dis ’n mooi lughawe, met houtbalke en groot glasvensters wat die uitsig vir jou oopgooi. ’n Kort taxirit neem ons na die Albatros-hotel in die middedorp, net oorkant die pad van die hawe. Dis uiteraard nie meer kortbroekweer nie, en selfs Guts trek iets warmers aan.

Guts is die mede-eienaar van Pangolin Photo Safaris, wat natuurlewefototoere in Botswana aanbied. Maar elke nou en dan lei hy ook spesialistoere na ander gesogte bestemmings soos die Maasai Mara, Galápagos-eiland en Antarktika. Guts is in der waarheid ’n Antarktika-veteraan en het al meer as 30 vaarte na dié koue kontinent meegemaak.

In 2018 het en Pangolin saamgespan om ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related