Op die meeste staproetes werk jy hard vir die belonings: ’n Hengse bult lei tot ’n wye uitsig. Of ’n afdraande wat jou knieë kou, neem jou na ’n rivier onder in ’n koel vallei... Op die 5,5 km lange Sternasirkelroete in die De Mond-natuurreservaat kry jy ál hierdie bonusse verniet.
Die roete kronkel deur ’n ongerepte maar meestal plat landskap. Trouens, jy kan dit sommer in jou plakkies stap!
Op sowat 9 km² is De Mond – ’n smal strook