Weg!

’n Vallei van oorvloed

Dis hoogsomer en die Swartland is ’n laslappiekombers van bruin en beige. Die koring is geoes en in dié hitte snak alles wat leef en beef na asem. Maar nes jy die Kasteelberg anderkant Malmesbury met die R46 langs oorsteek, verander die kleurpalet na skakerings van groen. Welkom in die Riebeek-vallei.

Dié oase se aantrekkingskrag is nog net so sterk soos wat dit in 1661 moet gewees het toe ’n groep VOC-verkenners hierdie stuk vrugbare aarde die eerste keer gesien het. Die dorpie Riebeek-Kasteel het die laaste dekade ’n instroming beleef van Kapenaars wat hulle gejaagde stadsbestaan vir die platteland verruil het. Maar selfs al word die dorp meer gewild, hoor jy steeds hoe mense dit beskryf as “net so rustig soos Darling” of “hoe Franschhoek destyds was”.

Dit was al die tuiste van heelparty beroemde Suid-Afrikaners, van die skilder Hannetjie de Clercq en die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related