Weg!

MENSE SE LENSE

NADINE LEONARD

IG: @nswildlife_photography
Canon EOS 800D
Canon EF 70-300 mm-lens

NADINE SKRYF: Dié foto is in Junie 2021 in die Krugerwildtuin geneem. Omtrent eenuur die middag het ons kort voor die Afsaal-piekniekplek op hierdie toneel afgekom. Eers was die luiperd nêrens te sien nie; die rooibokkarkas het alleen in die boom gehang. Ander mense vertel toe dat daar wel vroeër die oggend twee luiperds by die karkas was. Ons besluit toe ons gaan sit en wag.

Een na die ander het die ander mense se geduld opgeraak en die karre minder geword. Maar ons het besluit, basta, ons wou nog altyd ’n luiperd met sy vangs in ’n boom afneem en vandag is dalk óns kans.

Omtrent 40 minute later is ons beloon! ’n Luiperdwyfie het haar opwagting gemaak, en aan die vangs begin vreet. Dit was een van daai onvergeetlike oomblikke wat jou op die rand van jou stoel hou!

Teen dié tyd was daar net drie karre op die toneel, en ons kon dit in vrede geniet.

My sluiterspoed was 1/200ste van ’n sekonde en lensopening f6.3 teen ISO 400.

MAUREEN VERMAAK

Canon EOS 7D
Canon 50 mm-lens

TOAST SÊ: Daar is niks so hoopvol soos ’n ywerige wildlewefotograaf nie! Met elke rit verwag jy net die beste; selfs al gebeur dit selde dat die geluksgodin vir jou glimlag.

Jy kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related