FALAFELWRAPS
BEREIDING: 15 MIN. / VERKOEL: 1 UUR / GAARMAAK: 20 MIN. / LEWER 6 WRAPS
◗ 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
◗ 250 g boerbone, uitgedop
◗ 60 ml (¼ k) koekmeel
◗ 60 ml (¼ k) vars pietersielie
◗ 60 ml (¼ k) vars ment
◗ 6 stingeluie, fyngekap
◗ 1 eier
◗ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
◗ 5 ml (1 t) elk fyn komyn en koljander olie vir diepbraai
◗ 180 ml (¾ k) klaarbereide hummus
◗ ’n hand vol roketblare
◗ 2 tamaties, in wiggies gesny
◗ 1 rooi-ui, in dun skywe gesny
◗ 6 platbrode
1 Plaas die kekerertjies, boerbone, meel, kruie, stingeluie, eier, knoffel en speserye in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot amper glad. Skep die mengsel in ’n bak, bedek en verkoel minstens 1 uur.
Strooi ’n bietjie meel oor jou hande en rol opgehoopte eetlepels van die mengsel in balletjies.