HOUT EN blomme
’n Houtagtige blomgeur wat verlei met note van bamboes, magnolia, roos, sandelhout en muskus – Oscar de la Renta Bella Bouquet (R1 499 vir 100 ml EDP). By Truworths en Foschini
MONICA HOU VAN
Die plaaslike velsorghuis is bekend vir hul tegnologiese gesigbehandelings wat ’n kombinasie van ultrasoniese klankgolwe en-behandeling (R960 vir 90 minute) vir my aanbeveel. My vel is eers gereining, afgeskilfer, gestoom en verfris. Daarna het die terapeut ’n kopstuk wat ultrasoniese klank uitstuur, gebruik om ’n kragtige vuller-serum vir 3-5 minute oor elke deel van my gesig te masseer. ’n Dik algemasker is hierna aangewend waardeur fyn elektriese polse vir 20 minute gestuur is om die bestanddele dieper in die vel in te “druk”. Die behandeling is afgesluit met ’n vogroom en sonskerm. Dit is geensins pynlik nie en my vel het onmiddellik plomp en bevog gelyk. By uitsoeksalonne