![f0112-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/299k46unggayprxy/images/fileOH01WBKH.jpg)
jou lewe
Jare gelede het ek ’n beeldskone buurvrou gehad, toe reeds naby 70 jaar oud, maar jy sou dit nooit raai nie en sy sou dit ook nooit erken nie. Wat sy wel verklap het, is dat haar jeugdige voorkoms te danke is aan die konkoksies wat sy in haar kombuis opgeklits het. Haar gunsteling was ’n eierwit-en-suurlemoenmasker wat sy as ’n kits-ontrimpeling beskryf het.
'n Mens staan verstom as jy begin rondkrap oor die skoonheidsvoordele van alledaagse koskasbestanddele soos appelasyn, koeksoda, heuning, hawermout, eiers, suurlemoene en speserye soos borrie. Eintlik weet ons reeds baie van hierdie goed, want dit is hoe ons voormoeders klaargekom het met wat tot hul beskikking was.
In hierdie dae van sente omdraai en kosmetiekpryse wat hemelhoog is, kan ’n mens gerus kreatief raak en eksperimenteer met mooimaakgoed uit die kombuis, van kop tot tone. Sommige van die resepte hier smeer jy aan, andere drink of eet jy. Als maak mooi!
![f0114-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/299k46unggayprxy/images/fileLL6XBDF3.jpg)
VIR JOU VEL RYSMASKER VIR 'N STRALENDE GELAAT
Japannese vroue is al eeue lank vertroud met die heilsaamheid van rys. Dit skilfer dooie velselle sagkens af, beskerm die vel, herstel sonskade en bleik hiperpigmentasie.
Jogurt voed en hidreer 'n tam vel. Dit beveg