Idees

FRANSE KOMBUIS

LET WEL: As jy, soos ons, linne vir jou projekte gebruik, was jou materiaal voordat jy begin. Stel die masjien op 60 grade Celsius en tuimeldroog die materiaal ná die tyd, sodat dit reeds gekrimp en sagter is voordat jy daarmee begin werk.

GORDYNTJIES

projek MARIETJIE VAN WYK

MOEILIKHEIDSGRAAD: medium

TYD: 3 uur

JY BENODIG

  • linne- of katoenmateriaal
  • bypassende masjiengare
  • naaldwerkskêr
  • kopspelde of materiaalklampies
  • maatband
  • merkpen

SO MAAK JY

1 Meet die openinge wat jy met die gordyntjies wil toemaak en tel minstens 50 cm by vir die val bo, die some asook vir die maak van die lussies. Bereken hoeveel meter materiaal jy benodig.

Voor jy knip, maak eers ’n skets, vermenigvuldig die breedte met 1,5 om ’n bietjie volheid te kry, maar nie te veel nie, en tel 5 cm aan weerskante by vir die syrandsoompies en 10-15 cm vir die soom aan die onderkant. Onthou, dit moet gewig aan die gordyne gee. Tel vir die val minstens 20-30 cm by die lengte

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees4 min read
Huiswaarts
Die professionele sjef Paula Nel is hopeloos te diskreet om uit te lap wie haar bekende kliënte is, maar onder hulle tel van die wêreld se voorste media-, musiek- en rolprentmense. Paula bring tot drie maande op 'n slag op haar grootste kliënt se luu
Idees7 min read
Flossie Die Kat
Al die patrone in Projectarian se nuwe boek, Crocheting Reversible Amigurumi Projects, is omkeerbare karakters wat jy kan omdop om iets anders aan die ander kant te kry. Daar is ook die keuse om dit nie omkeerbaar te maak nie. Die boek bevat 15 amigu
Idees1 min read
Sag In Linne
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 1 dag ♥ patroon op bladsy 94 ♥ 2,5 m linnemateriaal ♥ 1,5 m teenstellende skuinsband van 25 mm ♥ aanstryktussenvoering vir die kraag en belegsels ♥ bypassende masjiengare ♥ 1 knoop 1 Teken die patroon op bladsy 94 op