Avontuur Afrika

Soos wafferse VIKINGS op avontuur

Die probleem wat baie mense teëkom is dat wanneer hulle uiteindelik die tyd en fondse het om op ‘n buitelandse 4x4-avontuur te gaan, hulle liefs eerder ‘n rustige bootvaart of iets dergeliks moet oorweeg… Vir hierdie groep Vikings – ja, ons glo dat ons ‘n spesiale verbintenis met ons Viking voorouers het – is ouderdom egter bloot ‘n syfer. Die groep baby boomers – oftewel die Veteraan Vikings, soos ons voortaan bekend sal staan – het sonnige Suid-Afrika vir ‘n agt-dae/sewe-nagte-lange toer deur Ysland verlaat. Ons toeroperateurs van Ultimate Adventures, Simon en Desiree Steadman, het belowe dat dit die avontuur van ‘n leeftyd sou wees. Maar kom ons begin by die begin.

Rustig in Reykjavik

‘n Dag om gewoond te raak aan die weer, veral tydens die winter, is ‘n moet. Ons het ‘n snikhete Johannesburg (met temperature so rondom 30°C) agtergelaat en die bibberende koue het ons onverhoeds betrap. Dit kon egter nie ons entoesiasme demp nie en ons kon nie wag om die hoofstad van Ysland in te vaar nie – en sjoe, is daar baie om te sien en doen! Ek sou jou aanraai om ten minste twee dae op jou reisplan toe te laat om hierdie stad te verken.

‘n Besoek aan die Hallgrímskirkja (Hallgrims kerk) is ‘n absolute moet. Vind voor die tyd uit wanneer die ongelooflike orrel – met 5 275 pype wat 15m hoog staan en ongeveer 25 ton weeg – speel. Dis ‘n belewenis. Dit is ook ‘n goeie idee om vooraf operakaartjies te bespreek sodat jy ‘n wêreldklas optrede by die Islenska Operan kan ervaar.

Reykjavik spog met 60 museums en uitstallings, wat wissel van 3D-interaktiewe museums tot historiese en kunsmuseums.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related