Avontuur Afrika

KYK NOORD EN beur voort

Nadat hulle deur Botswana, Zambië, Malawi, Tanzanië en Rwanda gereis het, was die groep onverskrokke avonturiers vuur en vlam om hulle epiese reis na Chartwell House in die VK voort te sit). Dit sou egter nog ‘n lang en moeilike pad voerentoe wees.

Uganda

Om die grens tussen Rwanda en Uganda oor te steek was ‘n relatief moeitevrye ervaring en die groep het by die seiljagklub in Entebbe bymekaargekom. Hulle het ‘n paar dae se samesyn in die stad geniet terwyl drie van die voertuie versiening en herstelwerk ondergaan het. Die goedhartige eienaar van ‘n plaaslike werkswinkel het die ouens toegelaat om sy geriewe, personeel en toerusting te gebruik om die herstelwerk uit te voer terwyl die dames by die Protea Hotel ontspan het.

Ongelukkig moes van die onderdele vanuit Suid-Afrika versend word, so die wag was effens langer as wat hulle gehoop het. Toe dit uiteindelik daar aangekom het, is die herstelwerk in ‘n japtrap afgehandel en was die groep volstoom na Jinja, die oorsprong van die Nyl, op pad. Die reis deur Kampala het goed verloop en die hele span is by die Nile River Explorers herenig, waar hulle heerlik gekuier, geswem en die planne vir die volgende fase van hul reis bespreek het.

Kenia

Die onverskrokke avonturiers het hul eerste twee nagte in Kenia in ‘n pragtige kothuis in die berge naby die dorp Koru deurgebring. Die area is ongelooflik groen en welig en jy moet jouself knyp om seker te maak dat jy in Afrika en nie êrens in Europa is nie.

Die rit deur die Skeurvallei was onvergeetlik. Die plantegroei het dramaties na semi-woestyn, baie soortgelyk aan die Karoo, met baie skape en bokke, verander. Die pad was baie klipperig en een van Rocinante – die Land Rover Forward Control Series 2B – se bande

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related Books & Audiobooks