Huisgenoot

DIE KAT SE SNOR

CHOUPETTE het ’n probleem. Sy is na meer spogpartytjies genooi as wat haar program toelaat, en haar hanteerders kan nie besluit watter A-lys-geleentheid die beroemdste kat ter wêreld sal laat spin en watter haar sal laat naels wys nie.

Jy sien, haar eertydse eienaar is in die nuus. Die modewêreld het reggemaak om die ontslape legendariese ontwerper Karl Lagerfeld, ook bekend as Monsieur Choupette, op vanjaar se Met Gala vroeër vandeesmaand in New York te vereer. In daardie tyd het sy beroemde kat in die jongste uitgawe van Vogue verskyn – in die arms van Naomi Campbell op ’n foto wat deur die ikoniese fotograaf Annie Leibovitz geneem is.

Daarbenewens word ’n biografiese rolprent oor Karl beplan met Jared Leto in die hoofrol, en ’n Disney+-reeks, Kaiser Karl, met Daniel Brühl in die hoofrol, sal ook vanjaar uitgereik word.

Die kat se agent, Lucas Bérullier, bevestig Choupette is na glansryke partytjies in die wêreld se modehoofstede genooi. Maar die stralerjakkerlewe kan uitputtend raak as jy eers dubbelsyfers gehaal het. (Choupette is nou 11.) Die enigste oplossing wat hy kan sien, is om die kat self te laat besluit watter geleenthede sy wil bywoon.

“Op die ou end weet sy,” sê Lucas, wat ses jaar gelede My Pet Agency in sy geboortestad, Parys, begin het. “Ons moet geleenthede kies wat haar persoonlikheid pas, en die beste manier om dit te verseker is deur haar almal te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related