Weg! Ry & Sleep

AAN DIE GANG!

ONE4ODYSSEY

One4Oddesey is ’n nuwe vervaardiger met twee soortgelyke boswoonwaens: Die Bush Chameleon 2 en 4. Soos ’n mens uit die naam kan aflei, het die onderskeie modelle slaapplek vir twee of vier mense.

Dit is onder meer die beddens wat die Chameleon unieker maak, want in die Chameleon 4 trek ’n bed soos ’n laai bo-oor die disselboom uit, met ’n tweede bed bo die regterwiel. Eersgenoemde is koningingrootte en die bykomende slaapplek die dubbelbed. In die Chameleon 2 maak die dubbelbed plek vir ’n eethoekie.

Die deur is agter – die boonste deel maak na regs oop en die onderkant slaan af in die vorm van ’n trappie. Die noodwiel is regs van die deur teen die romp.

One4Odyssey wyk nie veel af van die basiese uitleg van boswoonwaens nie. Die hele buitekombuis is aan die linkerkant. Dié paneel het nie minder nie as vyf deure wat oopmaak met die ys-vrieskas heel links. Die tweeplaatgasstoof is ook deel van die glyraam en is op die punt. ’n Laai met breekware en potte en panne trek onder die gasstoof uit.

Jou werkblad is bo die linkerwiel met rakke agter dit in die romp, en die wasbak trek uit die kas heel regs. Die wasbak is dus deel van die glyraam, maar die los droograk het sy eie staanplek regs en pas aan die binnekant van die oopgeswaaide deur. ’n Laai vir glase trek bo die wasbak uit, en bo dit is ’n kas waarvan jy ook van binne

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges