Tuis

Kerrie in ’n kits

Geelrys met steurgarnale

Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederf-ete. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderfilette, want die rys is vir my die ster van die gereg.

Genoeg vir 4 Voorbereiding: 35 minute Gaarmaaktyd: 25 minute

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, gekap

• 1 rooi soetrissie, gekap

• 1 geel soetrissie, gekap

• 1 rooi brandrissie (of na smaak), gekap

• 3 kardemompeule, gekneus

• 1 kaneelstokkie

• 5 ml komynsaad

• 5 ml gekapte vars knoffel

• 5 ml gerasperde vars gemmer

• 10 ml paprika

• 15 ml seekosmasala (of matige kerriepoeier)

• ’n vars lourierblaar

• 5 ml borrie

• 250 ml basmatirys

• 800 g oopgevlekte steurgarnele, dop aan, derm verwyder

• sowat 30 ml botter

• vars koljander en ekstra brandrissievlokkies vir voorsit

1 Verhit die olie in ’n groot pan en braai die ui, soetrissies, brandrissie, kardemom, kaneel en komynsaad tot die ui eers sag is en begin bruin word. Roer die knoffel, gemmer, paprika, masala, lourierblaar en die helfte van die borrie by. Roer nou ’n groot skeut kookwater by en stowe stadig terwyl jy die rys gaarmaak.

2 Bring ’n potjie soutwater tot kookpunt. Roer die rys saam met die res van die borrie by die water en kook vir 8 minute. Dreineer en spoel af in koue water.

Laat die uie en rissies so

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis13 min read
Geniet Meer Groente
Gekaramelliseerde uie neem lank en is ’n liefdestaak wat ’n haastige mens liewer nie moet aanpak nie! Skink ’n glas wyn en geniet die heerlike aromas terwyl jou uie stadig braai. Maak 4 burgers • Voorbereiding: 45 minute • Gaarmaaktyd: 1 uur • 30 ml

Related