Weg! Platteland

Ballade van die botterboer

Jare al lees ’n mens hoe gruwelik min Suid-Afrikaanse melkboere vir hulle produk betaal word, en hoe die een ná die ander uiteindelik die handdoek moet ingooi. Onweerlegbare, harde feite. Maar dan ontmoet jy – in die jogaklas van alle plekke! – die 30-jarige kleinboer Maria van Zyl van Cream of the Crop-botter wat tans net 5 melkkoeie (en hulle 4 kalwers) besit en reguit sê dit is “heeltemal moontlik” om met slegs 12 melkkoeie ’n goeie bestaan te maak.

“Om toegang tot vars melk te hê is ’n luukse en ’n voorreg,” sê sy, al droom sy nostalgies oor die dag wanneer alle groot dorpe weer ’n melkery sal hê wat in die suiwelbehoeftes van die plaaslike gemeenskap kan voorsien. Waar jy dalk soos in die ou dae skoon melkbottels met koepons kan uitsit en die melkman met sy karretjie dit douvoordag met bottels vars melk vervang… en niks ooit voete kry nie. Dit is hoe dit hoort – vir ons almal en die aarde se gesondheid. Maar die deurslaggewendste van alles is nuwe denke en ’n nuwe benadering.

Maria “verkoop” rou jerseymelk wat sy tans by ’n betroubare verskaffer inkoop, asook handgemaakte suiwelprodukte wat daarvan gemaak word, aan die sowat 35 lede van haar “verbonde waardeketting”, wat amptelik bekend staan as “the committed value chain”. Die lede, wat almal vir ’n minimum van drie maande in haar en haar boerdery belê, kry in ruil vir hulle befondsing elke Donderdag ’n aflewering wat bestaan uit rou jerseymelk (met ’n sigbare dik laag room!), ’n blok van Maria se bekroonde aangesuurde botter en ’n fles van haar dik jogurt. Alles word in glas verpak wat jy die volgende week skoon moet teruggee. Jy kan ook ander produkte van Cream of the Cropkarringmelk. Verder kry lede afslag op seisoenale produkte soos die vars en bevrore koudgeperste, ongefiltreerde, gepasteuriseerde appelsap wat gemaak word van die vrugte op haar ouers se plaas.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland8 min read
Vir die Voëls…
Voëlfariseërs wat vroeg uit die vere is, gewaar hulle gewoonlik eerste: groepies grafstil zombies gewapen met gevaarlike verkykers, ore spits soos bakoorjakkalse, wat na ’n onopvallende bruin struik staar. Uit die halfdood bosgasie het blykbaar pas d

Related