Huisgenoot

Skiet uit met SPEK!

JALA-PEÑO-POFFER-TJIES

LEWER 12-14 POFFERTJIES BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

Hierdie happies is amper soos minivetkoekies met ’n skop. Dit is vinnig om te maak en heerlik bros.

◗ 250 ml (1 k) bruismeel
◗ 2,5 ml (½ t) sout
◗ vars gemaalde peper, na smaak
◗ 250 ml (1 k) gerasperde cheddar
◗ 2-3 vars of gepiekelde jalapeño’s, stingels afgesny en grofgekap
◗ 2 knoffelhuisies, gerasper (opsioneel)
◗ 100 g spekstukkies, brosgebraai
◗ 4 eiers, geklits
◗ 30 ml (2 e) melk
◗ olie vir vlakbraai

1 Meng die bruismeel en sout in ’n groot mengbak. Geur met die peper na smaak.

2 Roer die cheddar, jalapeño’s en knoffel, indien gebruik, deur. Voeg die spek by en meng liggies.

3 Maak ’n holte in die middel van die mengsel en voeg die eiers en melk by. Meng tot ’n dik beslag vorm.

4 Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Skep eetlepels van die beslag in die pan en braai tot die poffertjies goudbruin, bros en deurgaar is.

5 Dreineer op kombuispapier en sit die poffertjies warm of by kamertemperatuur voor.

KANEELROLLETJIES met HEUNINGSPEK

LEWER 16 ROLLETJIES / BEREIDING: 30 MIN. / RYS: 2 UUR / BAK: 30-35 MIN.

Vir dié gereg put ons inspirasie by die Amerikaners – hulle is lief daarvoor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related