![f050-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/20il8zgdtsb6glj4/images/fileZ4OM7YEK.jpg)
D ie vele gesigte van uitbranding: Jy het ’n kafeïen-skop nodig om soggens aan die gang te kom en vergryp jou aan suiker en stysel of sigarette en drank. Die hele wêreld irriteer jou: kollegas, familie, ander motorryers. Jyself! Jy wil net op jou bed lê en Netflix kyk, heeldag, aldag. Miserabel, moedeloos en op, bevraagteken jy elke lewenskeuse wat jy ooit gemaak het. As jy maar uit jou werk kon bedank – jy voel in elk geval soos ’n nul op ’n kontrak.
Niemand dokumenteer uitbranding of werkstres in SA nie, skryf Karin Calitz, emeritus-professor in die regte aan die Universiteit Stellenbosch, in die Nelson Mandela-universiteit se joernaal Obiter (obiter.mandela.ac.za). Peilings elders in die wêreld toon egter uitbrandingsyfers van tot 76% – en vroue word die ergste geraak. Die Covid-pandemie het boonop die probleem vererger, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (ilo.org) van die Verenigde Nasies.
Daar is drie hoofkenmerke wat stadig ontwikkel:, gevoelens van, asook ’n gevoel van. Hand aan hand met die sinisme is daar die onvermoë om te voel, ontnugtering en ’n gebrek aan deernis.