![f050-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5yn22zg03kb7nfj6/images/fileI6AWICHX.jpg)
![f050-02](https://article-imgs.scribdassets.com/5yn22zg03kb7nfj6/images/fileVLBX4CAK.jpg)
![f050-03](https://article-imgs.scribdassets.com/5yn22zg03kb7nfj6/images/fileSQR03F8Q.jpg)
Sowat 25 jaar gelede het my vriend Kobus de Villiers my gekontak en gesê hy hoor ek wil graag ’n vlakvark skiet. Hy het my net daar vir ’n vlakvarkjag genooi. Natuurlik was ek opgewonde, maar die kinkel in die kabel was dat ek die vark met een van Kobus se Martini-Henry-gewere moes skiet. Dit is hier waar ek die eerste keer met die Martini-Henry en die reuk van swartkruit kennis gemaak het.
My eerste ervaring met die .450 Martini-Henry was besonders en ek het gou vir my ook een aangeskaf. Wat ek die meeste geniet, is dat elke patroon afsonderlik met die hand voorberei word. Eerstens, die voorbereiding van die doppe, vervanging van die slagdoppie, giet van die koeëls en afmeet van die kruit. Daarna word alles bymekaargevoeg vir ’n perfekte patroon. Wanneer jy klaar geskiet het, moet die geweer met die nodige sorg skoongemaak en geolie