ZENDAYA SE SMEULENDE OË
Sedert sy in 2019 die gesig van die skoonheidshuis Lancôme geword het, verskuif ZENDAYA skoonheidsgrense. Sy is nie bang vir eksperimenteer nie en kan die een dag besonder opgetof lyk en die volgende informeler. En dis die een ding wat sy regtig baie goed regkry: net mooi die regte balans tussen glansryk en natuurlik.
Skep die voorkoms só:
◼ ’n Gloeiende gelaat begin altyd met ’n goeie grondslag. Reinig en bevog jou vel. Wend eers ’n basislaag aan en daarna ’n verligtende of bevogtigende onderlaag wat ’n stralende gelaat sal help skep.
◼ Wend ’n laag kleur soos