Huisgenoot

DAAI MEL? NEE, DIÉ EEN!

OP HAAR nael skitter ’n klein, blou diamantjie. Dis ’n geskenk van Peet en Mel. Ja, daai Peet en Mel, die Viljoen-egpaar met die Tammy Taylornaelsalons wat so op televisie rinkink het.

Jy sou dink Mel, seker die opspraakwekkendste deelnemer aan Die Real Housewives van Pretoria, sou suur wees vir haar naamgenoot, Mel die Storieverteller, ’n TikTok-grapmaker wat alte lekker met die vroue van dié reeks die draak gesteek het.

Maar nee, die twee Melle kom so goed oor die weg dat huisvrou-Mel se man, Peet, al vir storieverteller-Mel sommer ’n diamant gegee het.

Terwyl die Pretoriase glansvroue op TV gekonkel en geskinder het, het Melanie du Toit (35), bekend as Mel die Storieverteller, haar kykers eindeloos vermaak met aanlyn grappies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Nuwe Gesiggies In Mr. Men-land
HOE lyk ’n kielie? Watter klere dra ’n skok? Hoe praat ’n kopstamp? Dis vrae wat enige ouer sou laat kopkrap. “Pa, hoe lyk ’n kielie?” was presies die uitdaging wat Roger Hargreaves se seun Adam hom in 1971 as agtjarige by die ontbyttafel gestel het.
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse
Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Sit jy? Dis dalk beter so. Want die volgende mag kom as ’n skok. Waar kry Holland sy naam vandaan? Ons weet die Lae Lande lê nie hoog nie, en die woord “Nederland” lyk ook vir ons onder die hand liggend: Holland is tog sekerlik net ’n land wat ’n hol

Related