Weg!

Daar’s niks soos die Naukluft nie!

Die agt dae lange Naukluft-staptog in die Namib-Naukluft- nasionale park loop deur ’n bergwoestyn só wild en afgesonder dat nie eens ’n helikopter sommer hier sal kom draai nie. Dis bekend as een van Suider-Afrika se uitdagendste roetes, maar die beloning om hier te stap is groot. Want hier heers ’n heilige gevoel. Dis die luiperd en bobbejaan se plek dié, en stappers is die enigste mensesiele wat ooit hier kom.

DAG 1 14KM Naukluft na Putte

Ons is teen ligdag op en pak die laaste goed in ons rugsakke. Dan ry ons die kort entjie van die Naukluft-kamp af na die ontvangskantoor toe om vrywaringsvorms in te vul, en kry uiteindelik eers teen 8.30vm. koers.

Die roete volg aanvanklik die droë loop van die Naukluftrivier, ’n sytak van die Tsauchab, wat in goeie jare water al die pad na Sossusvlei voer. Dis maklike terrein, geskik vir litte losmaak. Oral staan mooi wildevybome, en een berghang is vol sprokiesbome en verskeie spesies kanniedood. Hoog bo ons draai ’n witborsjakkalsvoël, en later sien ek ’n paar Monteironeushoringvoëls in ’n doringboom sit.

Dan begin die eerste klimwerk wanneer ons regs uit die rivier swaai en teen die suidoostekant van die Naukluftberg begin uitstyg. Dit raak gou duidelik dat ek en my vriend Quinton van Rooyen (van Walvisbaai) meestal die agterstappers gaan wees. Ons twee is ouer en ’n bietjie “stewiger” as die res van die groepie. Die voorstappers is Le Roux van Schalkwyk (van Windhoek) en die Kapenaars Roland Hunter en Jess Lavelle (wat al die Pacific Crest Trail in Amerika gestap het). Roland se vrou, Sarah Bassett, en Quinton se meisie, Lynne Haylett (ook albei van Kaapstad) is iewers in die middel.

Soms sien ons ’n stofstreep op die pad ver onder ons – dis die D854 wat daar loop. Maar later draai ons weg van dié uitsig, en ook van enige tekens van ander mense. Dit word net ons, en die berg.

Teen middagete is ons by Fonteinkloof en die skadu van ’n vyeboom. Tyd vir rus, water skep en kyk hoe voëltjies soos bleekvlerkspreeus en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg3 min read
Voëls
Kan jy nog onthou watter items jy inderhaas in daardie dae voor die Covid-19-grendeltyd aangekoop het? Wyn? Sjokolade? Toiletpapier? Ek het meelwurms loop koop – houers en houers vol wriemelende kewerlarwes. Siende ek nie meer sou kon rondry om voëls

Related