![f029-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/4dyyyytvggb9x89c/images/fileMZI21L4Q.jpg)
Haar wye glimlag en helder oë is in teenstelling met die handwapen op die jong rooikopvrou se heup. En ná ’n oomblik of wat in haar teenwoordigheid besef jy sy het jou reeds getakseer: Lengte, haar- en oogkleur, kleredrag, die soolpatroon van jou stapskoene ... en wat sy moontlik nie waarneem nie, sal die snuffelende en alte vriendelike woef rondom jou voete se lyftaal wel aan haar oordra.
Anke Kruger de Rosner loop koeskoes onderdeur die akasiatakke. Dit was ’n geil somer wat alles laat oorgroei. Hier in die verre noorde is dit ook altyd warm. Maar vergeet vir eers die klimaat: Hoedspruit en omgewing se wildstropertemperatuur is in die rooi.
Dis egter presies waar Anke wil wees: In die hitte van die stryd. “Miskien het ek te veel na my pa se oorlogstories geluister...” sê sy ietwat lakonies.
’n onbepaalbare genepoel. Anke kan egter die dag en datum onthou toe sy en twee reismaats gesien het