Kuier

VAN LOS ‘BOS’ TOT DIK ‘DOS’

Twee jaar gelede het haar hare in bossies uitgeval ná sy dit wit gekleur het. Baie van ons ken mos daai Desember-gier vir blonde hare - net om in Januarie sonder hare te sit!

Dís presies wat met Leshmede Bruyn (33) gebeur het.

Leshme moes noodgedwonge haar hare - dít wat nog oor was - afsny, maar pleks van winkel toe hardloop om produkte te gaan koop om haar fout te probeer regstel, het dié Kapenaar in haar ma se medisynekabinet ingevaar.

Dit was in Februarie 2021 én in ‘n tyd toe die natural hair movement begin vlamvat het. Wyd en syd het mense vertel hoe hulle hul hare versorg met produkte uit hul kos- en yskas. Oumensrate.

In haar ma se kabinet het sy olyfolie, coconut-olie en rosemary aangetref, dit saamgemeng en aan haar hare begin smeer. Nadat sy ses tot agt weke lank dié oliemengsel gebruik het, het Leshme besef sy het ‘n wenresep beet, want nie net het haar hare begin teruggroei nie, dit het ook sterker en dikker geword!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier4 min read
’n Man Soos My Pa
My pa sou vanjaar 80 geraak het. Hy is reeds in 2004 oorlede. John Benjamin Ruiter was ’n komplekse man van inbors en trots, maar in hierdie jaar wat hy 80 sou word, kyk ek terug op sy lewe en besef ek hy was ’n man van paradoks. Hy was ingewikkeld,
Kuier1 min read
Luister Dít
Beskikbaar op Spotify, Apple Music of enige podcast-app Dis ’n podcast oor al die vreemde dinge wat vandag en destyds gebeur het, wat jou soos Tyla gaan laat sê: “What the heck!?” In elke episode kry jy die jongste, vreemdste nuus gemeng met wilde hi
Kuier3 min read
Hallo, Liewe Kuier-lesers!
Soos ek hier tik, voel die afgelope week vir my net soos een groot blur. Twee grotes in ons familie het geval –my ouma, en net twee dae later (en ‘n dag ná haar begrafnis) kom die skoknuus dat haar jonger broer ook nie meer met ons is nie … My ouma,

Related