Landbouweekblad

Van onrus tot baken van hoop

Platteland

Die moord op ’n jong man het die gemeenskap van Senekal tot die rand van rasse-oorlog gebring, maar leiers uit verskillende oorde op die dorp het na vore getree en het dit reggekry om ’n totale ommekeer teweeg te bring. Vandag is Senekal ’n voorbeeld van wat vermag kan word wanneer gewone burgers oorgaan tot aksie.

Senekal is geleë in die Oos-Vrystaat op die N5-roete tussen Winburg en Bethlehem. Dié dorp langs die Sandrivier is naas Ficksburg die grootste in die Setsotodistriksmunisipaliteit.

Die landbou is die grootste bedryf in die omgewing en die verbouing van mielies, koring en sonneblom, asook die bees- en melkboerderye in die omgewing lewer ’n groot bydrae tot die provinsie en Suid-Afrika se ekonomie.

Die moord in 2020 op Brendin Horner het egter plaasveiligheid in die kollig geplaas en die dorp in ’n krisis gedompel.

Die jong Horner was ’n plaasbestuurder vir die Bloukruin-landgoed toe sy lyk op die plaas DeRots buite Paul Roux gevind is. Hy was aan ’n paal vasgemaak, met ’n tou om sy nek en messteekwonde. Weens die grusaamheid van die moord het die emosies oor plaasmoorde in dié gemeenskap en landwyd hoog geloop. Dit het oorgegaan tot rassespanning tydens die verskyning van die verdagtes in die hof op Senekal, en gedreig om die eens vreedsame dorp in ’n oorlogsone te verander.

Dit was te midde van dié chaos dat die Senekal-Matwabeng-gemeenskapsfoum (SMGF) gestig is. Wit en swart mense het bymekaar gekom met ’n gemeenskaplike doel om die verdeeldheid te herstel deur die dorp reg te ruk.

Ry ’n mens vandag deur die strate van Senekal, sien jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related