![f0034-01](https://article-imgs.scribdassets.com/6x4gic6xc0bbq76v/images/file7B76287H.jpg)
SY HET nooit kon dink ’n klein verandering in haar bors se voorkoms sou tot ’n diagnose van borskanker lei nie. Nie op die jong ouderdom van 29 nie.
Al is daar in haar familie ’n geskiedenis van kanker – haar ouma en tante aan vaderskant het dit albei gehad – was Lauren Harmse aanvanklik nie oorbekommerd nie. Haar tepel het gelyk asof dit omgedop was, en sy is dokter toe om te hoor wat dit kon