Weg!

’n Dorp lig sy kop

Soos wat ’n mens met die R390 langs uit die suide na Hofmeyr toe aankom, is dit die twee kenmerkende koppies ánderkant die dorp wat jou eerste opval – dit lyk kompleet nes twee borste! Uit die noorde is die eerste ding wat ’n mens sien, aansienlik meer kuis: die salmpienk NG kerk se toring. Tot onlangs nog sou jy deur dié dorpie ry en niks anders gewaar nie as strate vol rommel, Victoriaanse geboue aan’ t verval en ’n paar figure wat vir kwaadgeld rondhang. G’n wonder mense het die plek “Stofmeyr” begin noem nie, want dit was waar: Hofmeyr was op sy knieë.

Maar sedert 2020 is hier ’n ommekeer te bespeur. Reisigers word nou verras met heelwat skoner strate, smaaklike etes by The Farmhouse Coffee Shop & Farmstall (hier rond noem almal dit sommer net “die padstal”) en boetiekhotelverblyf wat selfs Greyton sou jaloers maak. En die deurlopende gemeenskapsinisiatiewe is só indrukwekkend dat dit selfs Gift of the Givers sou beïndruk.

Maar kom ons gesels eers oor daai pienk kerk… Dis in 1933 aan die stertkant van die Groot Depressie gebou en toe dit nou by die verfslag kom, het iemand glo ’n wit bakkie voor die kerk sien staan wat byna pienk vertoon het van die stof wat van die omliggende vlaktes oor die dorp waai. Die redenasie was toe dat, sou hulle die kerk pienk verf, mense nooit sou kon sien hoe vuil en stowwerig die mure eintlik is nie! En só het ’n praktiese besluit aanleiding tot ’n Karoo-ikoon gegee.

Koop jy die hotel, dan vat ék die padstal

Niemand wil tyd of geld mors op ’n dorp wat niks van homself dink nie. In die verlede sou mense die gehawende Hofmeyr net een kyk gee en dan voet in die hoek sit om hier weg te kom. Totdat ds. Marius Barnard van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related