Weg!

Die ‘kwaai tannie’ op die fiets

Marchelle van Zyl verskyn op die Montagu Country Hotel se voorstoep. Sy’s uitgedos in ’n das en baadjie, met ’n Oliver Twist-keps op die kop. Die kakielangbroek is by geel sokkies ingesteek en daarby dra sy ’n paar velskoene. Dis allesbehalwe gewone fietsrydrag! Maar hierdie is ook allesbehalwe ’n gewone fietstoer.

Dis April en fietsryers van reg oor die land is die naweek hier vir die jaarlikse Eroica-fees, ’n Italiaans geïnspireerde viering van alles wat met klassieke fietse te make het. Ons is ’n groepie vriende wat lief is vir ouskool fietse en gaan saam met Marchelle die dorp met singende speke verken.

Sy lei ons met Badstraat langs en die eerste stop is voor Montagu se imposante NG Kerk. Die sakeman Joseph Barry na wie die buurdorp Barrydale genoem is, het dié Neo-Gotiese gebou in die middel 1800’s in opdrag van die gemeente laat oprig. Die kerk het van haar eiendom verkoop en belasting ingevorder om vir dié aanbiddingsplek te betaal.

Ons bondel om Marchelle saam toe sy haar toer met ’n staaltjie oor ’n kat genaamd Heather begin.

Dié kieter wat in die 1990’s op Montagu gewoon het, het glo ’n byna bonatuurlike aanvoeling gehad vir mense wat ’n bietjie troos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg30 min read
Blyplek Noorde
BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 13) Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer. Die Kaokoveld en
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon

Related