![f041-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/4ljx3wph4wbelcmn/images/fileI3L5Q9HC.jpg)
Op ’n vroeë oggend in Februarie volg ek ’n kort konvooi motors op ’n grondpad net buite Prins Albert. Ons ry verby die gholfbaan en die munisipale stortingsterrein. Skielik hou die voorste kar stil, ’n fyn gryskopvrou klim uit, maak die hek na die Wolwekraal-natuurreservaat oop en beduie dat ons maar kan deurry en parkeer. Die son is skaars uit, en die oggend ruik na tandepasta en karoobossies toe ons groepie rondom Sue Milton-Dean saambondel.
Sue is ’n plantkundige. Altans, dit is haar formele titel, maar ek verkies om aan haar as ’n vroulike weergawe van die towenaar Gandalf te dink. Sy’s wys, nederig en deel graag haar magdom kennis oor plante.
Ons is almal hier om sowat twee ure saam met Sue in die veld deur te bring. Ek woon op Prins Albert en was al menigmaal op dié uitstappie, daarom weet ek wat om te verwag. Maar ek kan die res van