![f0046-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/9hdbf88c5cbezqk2/images/file8ESKX63I.jpg)
Verbeel jou dié situasie: Jy is in die winkel en jou tweejarige rol op die vloer rond en skree omdat jy nie vir hulle lekkergoed wil koop nie.
Hoe gemaak? Party sal sê ignoreer hulle tot hul ophou skree. Ander sal weer teruggil of hardhandig raak.
Maar ’n nuwe benadering sê nee, die beste ding om te doen is om langs jou kind op die vloer te sit, te luister wat hulle sê en ’n mooi gesprek te hê waarin jy met hulle ooreenkom oor wat die reëls oor lekkergoed behoort te wees.
Met ander woorde: moenie soos ’n tiran oor jou kinders regeer nie. Gee hulle ook ’n sê