Landbouweekblad

Presisie-ontledings verhoog grondbewerking se bydrae tot plaaswins

REEKS

As plant, spuit en stroop die drie glansryke sussies van rygewasverbouing is, is grondbewerking die getroue, stil suster wat op die agtergrond die pad gelyk maak. Grondbewerking is nie so voor op die wa soos stroop, waar opbrengste direk in rande omgeskakel word, so optimisties soos plant, waar individuele sade deur hoogs gespesialiseerde planters net mooi reg en presies met die belofte van ’n groot oes neergesit word, of bespuiting se berekende aksies, waar ingewikkelde formulasies en slegs die regte druppelgroottes die beste ondersteuning en sorg aan die oes bied nie.

Lank was grondbewerking die stowwerige voorplantgedagte waar ’n stuk yster vinnig deur ’n land gesleep is om ’n saadbedding te skep sodat die planter, spuiter en stroper die soort werk kan doen wat op menige Landbouweekblad-voorblad te sien is.

Vandag is grondbewerking op die punt waar dit net so noukeurig en presies is soos die ander, meer hoëprofiellandbou-aksies. Dit skep immers die grondslag waarop al die volgende aksies gebou word om die beste opbrengs te lewer.

Alles begin by data-insameling

Hoewel grondbewerking tradisioneel gesien word as die begin van ’n seisoen, vind die inligtingversameling reeds die voorafgaande seisoen plaas en maak dit vir werktuie moontlik om ál akkurater te werk.

“Die beginpunt wat hierdie tegnologie ondersteun, is grondklassifikasie,” sê Thomas Strydom,-vrugbaarheid. “Grondklassifikasie word al die afgelope dertig jaar toegepas, maar danksy nuwe tegnologie kan boere dit nou sinvoller aanwend.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo