Weg! Ry & Sleep

Deur die hart van die Sederberg

Die Sederberg lê sowat 250 km noord van Kaapstad, tussen Citrusdal en Clanwilliam. Wes van die Sederberg lê die Sandveld met sy aartappelplase, in die noorde is die Pakhuisberg met sy talle spookstories, en verder oos is die Springbokvlakte en die stille Tankwa-Karoo.

In sy boek Droomberge – Sederberge skryf Jan Rabie: “Binnelandse mense se droomwêreld is die Bosveld. Ons Kapenaars van die groen suide, ons droom van die berge. En onder berge by uitstek die Sederberge.”

Dit is ’n plek waar jy omtrent om elke hoek en draai ’n Nieuwoudt ontmoet, ’n plek van Boesmankuns en waar die digters Boerneef en C. Louis Leipoldt hulle mooiste prosa geskryf het, en waar Jan Rabie sy skoensole dun gestap het.

Ons vertrek uit Clanwilliam. As jy gisteraand in dié dorp se woonwapark binne die Ramskop-natuurtuin geslaap het, ry eers terug middedorp toe en maak ’n draai by die Strassberger-skoenfabriek – dit is naby die woonwapark se afdraai in Ou Kaapseweg. Die oorspronklike fabriek is in 1837 deur eerw. Johann Gottlieb Leipoldt, C. Louis Leipoldt se oupa, op Wupperthal geopen (ons besoek dié sendelingsdorp môre), maar dit is in die jare vyftig Clanwilliam toe verskuif. Terloops, Clanwilliam is deur goew. John Cradock na die Walliese Williams-clan genoem en is toevallig ook deur ’n kapt. Williams uitgelê.

Ons volgende besoek is aan die Ou Tronk-museum op die hoek van Ou Kaapseweg en Parkstraat – toegang kos R30 p.p. (R10 vir tieners en R5 vir kleintjies). Herschil Pieterse neem jou op ’n toer deur die dorp se geskiedenis en vertel hoe lief die dorpsmense, ook hy, vir oorlede Tolla van der Merwe was. Die einste kroegtoonbank waar Tolla sy grappe in die Clanwilliam-hotel vertel het, staan deesdae in ’n tronksel saam met huldeblyke aan Clanwilliam se lieflingseun.

Met die kultuurgoed agter die rug is dit uiteindelik tyd vir grondpad. Ry terug met Ou Kaapseweg verby Strassbergers en die Ramskop-natuurtuin. Die teerpad word mettertyd grondpad en volg die oostelike oewer van die Clanwilliamdam. Konstruksiemaatskappye is besig om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die

Related