![f020-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/3ab4xc9klcblsa6o/images/fileGLM63WF5.jpg)
Kubu-eiland verskyn soos ’n droombeeld op die landskap van die Makgadikgadipanne. Deur die stof kan ek ’n ry kremetartbome op die horison uitmaak. Soos ons naderkom, kry die “eiland” tekstuur – ’n kraaines van bosse, bome en gras. Tekens van lewe in ’n andersins oneindige kaalte.
Ons het reeds om 6 vm. vanogggend uit Gaborone vertrek en dis nou byna 5 nm. Op dié 11 dae lange avontuur ry ek saam met die toerleier Mark Jones. Mark woon in Plettenbergbaai en ’n mens hoor dit sommer aan sy manier van praat: “Lekker, man”, “Proper nice” en “Well cool”. ’n Stapel koperarmbande rinkel aan sy polse en hoewel hy oor die koue oggende kla, dra hy net visplakkies.
Vanaand is dit nog net ek, Mark en die res van Bhejane se ondersteuningspan hier by Kubu. Die res van die toergroep kom eers môre. Adriaan Tromp is ook ’n gids, Rooijan Seforo is die logistiekebestuurder, Mpho Suping help hom daarmee, en Comfort Thethe is die kampkok.
Wanneer daar kamp verskuif word, is dit Rooijan en die ander se taak om die tente en toerusting op te pak voordat hy en Comfort vooruit ry om alles weer by die volgende oornagplek staan te maak. Mpho ry saam met Mark en Adriaan in die konvooi en help met alles wat bedags langs die pad moet gebeur, soos om middagete reg te kry.
Môreoggend ry ek en Mark terug na Letlhakane – die laaste “groot dorp” voordat ’n mens die panne bereik – om die 26 gaste te ontmoet en na hierdie wonderlike eenkantplek terug te lei.
Kubu (ook bekend as Lekhubu) is groter as wat ek verwag het. Dié kilometer lange granietuitstulping lê aan die westelike soom van die Sowa-pan (dis nou die oostelike helfte van die Makgadikgadi).
Toe die son sak, word dit gou donker. Ons maak kamp onder ’n sterkastaiingboom en smul aan lamstjoppies en knoffelbrood van die kole af. Die Melkweg strek soos ’n groot