Avontuur Afrika

’n Stryd op ALLE TERREINE

Dit is byna vyf jaar sedert ‘n evaluering van alleterrein (AT) bande plaaslik gedoen is. Oor hierdie tydperk het tegnologie verbeter en die plaaslike speelveld – in terme van plaaslike vervaardiging van bande teenoor dié wat ingevoer word – het dramaties verander. Hierdie verandering in die bedryf was veral opvallend toe ons die verskillende aanspraakmakers vir die groot Alle-Terrein Band-toets – hierdie keer vir 18-duim rubber en in samewerking met Tiger Wheel & Tyre en GWM Suid-Afrika – geïdentifiseer het.

Sedert 2019 het die bandemark vinnig in terme van volume en handelsmerkdiversiteit uitgebrei, met wêreldbekende vervaardigers met produksiefasiliteite in Suid-Afrika – Bridgestone, Goodyear, Continental/General en Sumitomo (Dunlop) – teen ‘n magdom handelsmerke wat deur maatskappye soos TiAuto, SA Tyre, Treadzone, Exclusive Tyres, Minty’s en Lombards, om ‘n paar te noem, ingevoer word.

Hierdie groei in die mark het nou ook gelei tot hoër heffings en boetes, om die invoer van goedkoop, substandaard bande teë te werk. Dit het ook daartoe gelei dat ‘n paar minder bekende, maar groot bandmaatskappye wat nie voorheen in Suid-Afrika verteenwoordig is nie (soos CEAT en Radar), nou die plaaslike mark betree met mededingende produkte.

Die bande

Vir die doeleindes van die evaluering het ons ten minste 28 verskillende handelsmerke AT-bande wat plaaslik beskikbaar is, geïdentifiseer. Na ‘n aanvanklike oproep vir inskrywings het ons egter besluit om die lys tot 20 stelle bande te beperk, aangesien dit ‘n logistieke nagmerrie sou word met meer inskrywings. In retrospek was dit ‘n fout aangesien ons uiteindelik, weens verskeie redes, slegs 15 amptelike aanspraakmakers gehad het.

Die deelname van lede van die South African Tyre Manufacturers Conference (SATMC) was ook ietwat teleurstellend, aangesien op die ou end net Continental Tyre SA en Sumitomo Rubber SA met onderskeidelik hul Continental-en General-en Dunlop-handelsmerke deelgeneem het.

Bridgestone Suid-Afrika het aanvanklik sy deelname bevestig, maar dit is glo op die nippertjie deur die streekkantoor vir Europa, Midde-Ooste, Indië en Afrika geveto. Goodyear Suid-Afrika het besluit om nie deel te neem nie en aangevoer dat sy huidige Wrangler AT Adventure binnekort vervang gaan word en dit sal dus nie sin maak om die huidige band in te skryf nie. Bridgestone het egter ‘n stel 17-duim Wrangler AT Adventure 265/65R17-bande verskaf om as beheerband vir ons toetse gebruik te word.

Behalwe die Continental-, General-en Dunlop-bande, het ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko