Avontuur Afrika

Altyd ’n wenner

As ek die Letaba ruskamp en omgewing vir iemand wat nog nooit daar gaan kuier het nie moet opsom, is die woorde ‘diverse veelsydigheid’ eerste op my lys, gevolg deur ‘idilies’ (veral gedurende die pragtige, lowergroen somermaande).

Die naam Letaba beteken ‘rivier van sand’ in Sesotho – heel gepas, aangesien die kamp met ‘n pragtige uitsig oor ‘n groot gedeelte van die rivierbed en die Letaba-vallei spog. Gedurende die wintermaande lê meters se sandbanke voor jou, wat tydens ‘n goeie somer-reënseisoen in ‘n uitgestrekte watermassa verander.

Lank voor die Krugerwildtuin se ontstaan (in die 1800’s), is die Letaba-omgewing deur ‘n groep Sotho-sprekende Ba-Phalaborwa mense bewoon. Hulle was meestal beesboere, met baie goeie yster-smelt ondervinding, maar later meer oor hulle…. kom ons verken eers die omgewing en die kamp self.

Letaba is sowat 50km vanaf die Phalaborwa-hek geleë, wat dit lekker sentraal maak sou jy die noorde van die Kruger wil verken. Die kamp is omring met ‘n groot verskeidenheid eko-sones en geografiese liggings wat jou goed besig kan hou! Direk rondom die kamp, is dit meestal mopanie-veld op graniet, maar sodra jy in die rigting

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko

Related