Landbouweekblad

’n Boereprofessor wat die plaas klas toe bring

Profiel

Boere en ander in die landboubedryf moet deeglik kan waarneem en as ’t ware oë van voor en van agter hê. Goeie waarneming en begrip is “eintlik net so goed soos om ’n universiteitsprofessor te wees”.

Só sê prof. Danie Vermeulen wat eersdaags uittree as dekaan van die fakulteit natuur-en-landbouwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

In die eerste plek verwys hy na studente wanneer hy praat oor die belangrikheid dat hulle buite die lesingsaal moet kom om hul kennis van data en boeke aan te vul, en praktiese ervaring op proefplase moet opdoen, maar die les kan net so op ’n boer van toepassing wees.

“Jy moet besef die natuur is jou laboratorium. My pa het altyd gesê ’n goeie waarneming is gelykstaande aan ’n professoraat,” gesels Danie op die Kovsie-kampus.

Die kwessie is dus om studente van hul rekenaars weg te kry en hulle na die proefplase te neem “sodat hulle kan leer om nie net na data te kyk soos hulle daarna wíl

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad9 min read
Gesukkel Met Finansiering Kry Grondprojek Nie Onder
Hulle wou al baie meer vermag het, maar deur te begin met dít wat hulle gehad het, is hy en sy vennote stadig maar seker besig om ’n boerdery staan te maak wat ’n beter toekoms vir hul kinders kan beteken, vertel Johannes Kamfer, terwyl hy na die vru
Landbouweekblad1 min read
PP Mong-trust Hou 30ste Suksesvolle Veiling
Die PP Mong-trust van Bertus Mong het op 4 Junie sy 30ste suksesvolle produksieveiling op die plaas Florina, Villiersdorp, aangebied. Die duurste Hereford-bul, lot 107, is vir R90 000 aan AS Isted van Barkly-Oos verkoop. Sewe bulle is teen gemiddelde
Landbouweekblad3 min read
RPO Bied Raad Oor Bek-en-klouseer
TWEE aangrensende eiendomme net buite Humansdorp en ’n plaas in die Zuurveld-gebied wat daarmee verbind word, het positiewe gevalle van bek-enklouseer opgelewer, terwyl ’n geval op ’n nie-verwante plaas 28 km wes van die aanvanklike besmette plaas oo

Related