Weg! Ry & Sleep

Kabouters op parade

Die 5fm-platejoggie kondig oor massiewe luidsprekers aan almal moet na hulle voertuie beweeg ter voorbereiding van die hoofgeleentheid. Jimny-eienaars, oud en jonk, draf tussen die rye kordate rygoed deur. Hier en daar steek iemand vas en kyk onseker rond na watter Jimny nou weer syne is.

Dis nie net die eienaars se ouderdomme wat verskil nie, maar ook die jaarmodelle van die voertuie. Die oudste Jimny – ’n 1973-model LJ20 in militêre bakvorm – staan in die voorste ry. Die jongste een, ’n blinknuwe vyfdeurmodel, staan ’n paar Jimnys weg van sy voorsaat af.

Die nommerplate van die massa Suzuki’s wys ál nege provinsies word by die saamtrek verteenwoordig. Kapenaars het moontlik die verste gery, 1 300 km tot hier, maar daar word grootoog vertel dat iemand blykbaar al die pad van Windhoek af gekom het in ’n SJ – meer oor die modelname later.

Honderde Jimny-eienaars sit vasgenael agter die stuur van hulle rygoed. Die platejoggie oorhandig sy mikrofoon aan ’n beoordelaar van die Guinness World Records. Dié Engelsman, geklee in ’n netjiese kobaltblou baadjie, spreek die parade toe in ’n kuis Britse aksent: “Op die telling van drie. Een, twee, drie...”

het egter al ’n paar dae tevore hier naby?”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
Tweede by Derde Brug
Ek en my vrou, Heike, besit African Footprints Tour Facilitator in Namibië en ek besoek Botswana al amper 20 jaar. Dit sluit in bestemmings soos die Moremi-reservaat, die Chobe- nasionale park en die Savuti tussen die bewareas. Dis fassinerend om die