Weg!

BRIEWE

Dans van die renoster

Ek het in Augustus 2023 ’n paar dae in die Mabalingwenatuurreservaat naby Bela-Bela deurgebring om my verjaardag te vier. Ons is behoorlik bederf met wonderlike wildtonele, maar die hoogtepunt was hierdie interaksie tussen witrenosters by ’n watergat.

Met ons aankoms was alles rustig... totdat ’n jong bul met ’n koei en haar kalf begin skoorsoek. Vir meer as drie ure het die bul die ander renosters stormgeloop en die koei het hom telkens teruggedryf met die kalf aan haar sy. Ná elke aanval het die bul kamma ongeërg in die son gebak of in die modder afgekoel. Maar skaars 10 minute later sou hy weer storm. Hy het selfs soos ’n wafferse springbok met al vier pote in die lug gespring asof hy trots is op sy uitdagende lopies.

Naderhand het ’n ouer renosterbul opgestaan en die jong bul op ’n afstand gehou, maar dié het om die dam geloop om sy teikens van die ander kant af by te kom. Ons moes ongelukkig later na ons kampplek terugkeer, maar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Swakopmund
Wild Rocket Café is dié plek waar ek en my vriende mekaar graag vir ontbyt ontmoet. Dis in die dorpskern en hoewel modern steeds knus. Besoekers kan binne of buite sit, tussen potplante en lanterns. Oorweeg die Mexikaanse eggs benedict of die salmon
Weg14 min read
Suide Blyplekke
(Sien bl. 13) Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié private reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge af. Jy kyk uit oor
Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,

Related