Weg!

Middernagritte en Afrika-masserings

My kamer by die Lake Albert Safari Lodge het ’n uitsig oor die meer, wat 35 km breed en 160 km lank is. Ons is in die verre weste van Uganda en die geheimsinnige Blue Mountains oorkant die water staan in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Man, sou dit nie lekker gewees het as ons ook dáár kon gaan draai het nie!

Ek reis saam met my seun, Ryan, en vriende Pete Meyer en Paul Kalil, en Paul se seun, Josh. Ons “Africa – Wild & Untamed!”-avontuur het nege dae gelede begin toe ons van Durban af oor Johannesburg Ethiopië toe gevlieg het (sien Weg #210).

Die Lake Albert Safari Lodge behoort aan die Suid-Afrikaner Bruce Martin. Tydens ons besoek is sy dogter, Robin, en haar lewensmaat, Aston Sparks, aan die stuur van sake. Die Martins is oorspronklik van Pietermaritzburg, en ons het deur gemeenskaplike vriende van hulle te hore gekom. Die ontvangs was hartlik – en boonop gratis op hulle aandrang! Ons bly in mooi dubbelbed-chalets en word getrakteer op ’n wildrit deur die Kabwoya-natuurreservaat (waarbinne die lodge geleë is).

Toe die Martins die konsessie in 2005 oorgeneem het, was hier byna geen diere nie. Maar hulle teenstropingseenheid word met groot sukses bedryf. Kabwoya is nie omhein nie en die diere kan vryelik tussen die omliggende gebiede rondbeweeg.

Dit wemel van die wild! ’n Onlangse sensus het aangedui dat hier meer as 8 000 Uganda-kob (dié spesie is verwant aan wildsbokke soos die lechwe en rietbok) hou, asook 400 Nyl-buffels (’n subspesie van die Kaapse buffel) en kleiner boksoorte soos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Kyk Waar Val Die Water!
“Zambiese immigrasie by Kazungula is glo ’n nagmerrie,” sê die vrou vir haar man by die tafel oorkant ons by die Chobe River Camp in Namibië. Ek spits my ore. “Hulle moes ál hulle skoene in die ontsmettingsmiddel druk.” Tot op daardie oomblik het ek,
Weg2 min read
Ontdek Die Verste Uithoeke Van Namibië
In Namibië voel dit dikwels asof jy die eerste mens is wat deur ’n landskap reis; verplaas na ’n ander, ongerepte era. As dit nog altyd op jou wenslys was om dié verafgeleë dele van ons buurland te ontdek is dié Kunenestreekfotografietoer vir jou. Do
Weg3 min read
Só Werk Die Gids
Dié tariewe is tans: Vir SAOG-lede: R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en vanaf R50 per voertuig in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat. Vir die

Related Books & Audiobooks