Huisgenoot

OSCAR: NOU IS HY VRY

EN SKIELIK is hy vry.

Nie heeltemal nie, maar tog soortvan.

Terug by die huis. Terug tussen sy mense.

Maar al lê daar net sowat 20 km tussen die gegoede Pretoriase buurt Waterkloof en die tralies van die Atteridgeville- gevangenis, was die pad terug lank – en die wag selfs langer.

Byna 3 000 nagte moes Oscar Pistorius, nou 37, in ’n sel op ’n harde tronkbed slaap. En byna 11 jaar lank moes hy wag om te hoor: Jy het lank genoeg geboet vir die bloed aan jou hande.

Noudat die gevalle Paralimpiese atleet parool gekry het ná sy tronkstraf vir die moord op Reeva Steenkamp, mag hy met sy lewe voortgaan.

Maar hy sal altyd moet saamleef met die wete: Hy het sy meisie doodgeskiet in die vroeë oggendure van Valentynsdag 2013, en baie mense sal hom nooit daarvoor vergewe nie.

Eens was hy ’n ikoon van die sportwêreld; die gestremde atleet wat grense kon oorsteek en tuis was in die glanswêreld. Beroemd, skatryk, gewild en gerespekteer.

Vandag is hy net duskant gebroke.

Sy opgang as atleet was wêreldnuus; sy moordverhoor ook.

En noudat hy vry is om weer te léwe nadat hy minstens die helfte van sy vonnis van 13 jaar en 5 maande uitgedien het, sal sy naam altyd verbind word met dié van die jong vrou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Mamma Mia, Dís Nou ’n Láng Asem!
106 vertonings, sjoe … Hoe voel dit om so ’n mylpaal te bereik? Dis nogal groot! Ek het aanvanklik geen idee gehad dat ons ooit daar sou uitkom nie. Dis ’n wonderlike gevoel. Deel met ons van die onvergeetlike oomblikke. Daar was soveel spesiale oomb
Huisgenoot13 min read
As Jy Dood Wakker Word
PASIËNT Een was 24 jaar oud en swanger met haar derde kind toe die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is. Dit was in 2014. ’n Paar jaar vroeër is ’n kwaal by haar gediagnoseer wat tot ’n ongereelde hartklop lei. Gedurende haar vorig
Huisgenoot9 min read
Twee Bondels Vreugde, Jakkals En Wolf
’N MENS ken hom as ’n wêreldreisiger wat nie maklik vir ’n nuwe uitdaging terugdeins nie – of dit nou is om met ’n stapstok in die hand, laphoed op die kop en rugsak die Camino de Santiago-pelgrimstog in Spanje aan te durf, deur Frankryk se bergpasse

Related